12. en moet sê: Hoe het ek die tug gehaat en my hart die kastyding versmaad,
13. en nie geluister na die stem van my onderwysers en geen gehoor gegee aan die wat my geleer het nie!
14. Amper was ek heeltemal in die ongeluk, in die vergadering en die gemeente.
15. Drink water uit jou eie reënbak en strome uit jou eie put.
16. Sal jou fonteine buitentoe oorstroom, waterstrome op die pleine?
17. Hulle moet vir jou alleen wees en nie vir ander saam met jou nie.
18. Mag jou fontein geseënd wees, en verheug jou oor die vrou van jou jeug —
19. die lieflike wildsbokkie en aanvallige steenbokkie; laat haar boesem jou altyd vermaak, mag jy in haar liefde gedurigdeur bedwelmd wees.
20. Maar waarom sou jy, my seun, by ’n vreemde bedwelmd raak en die boesem van ’n ontugtige omhels?
21. Want elke mens se weë is voor die oë van die Here, en Hy weeg al sy gange.
22. Sy eie ongeregtighede vang hom, die goddelose, en in die vangstrikke van sy sonde word hy vasgehou.
23. Hy sal sterf deur gebrek aan tug, en deur die grootheid van sy dwaasheid sal hy dwaal.