Spreuke 31:8-11 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

8. Maak jou mond oop vir die stomme, vir die regsaak van almal wat wegkwyn.

9. Maak jou mond oop, oordeel regverdig, en verskaf reg aan die ellendige en die behoeftige.

10. Alef. Wie sal ’n deugsame vrou vind? want haar waarde is ver bo korale.

11. Bet. Die hart van haar man vertrou op haar, en aan wins sal dit hom nie ontbreek nie.

Spreuke 31