Spreuke 30:1-5 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. DIE woorde van Agur, die seun van Jake; die Godspraak. Die man spreek: Ek het my moeg gemaak, o God, ek het my moeg gemaak, o God, en ek versmag.

2. Ja, ek is te dom om mens te kan wees, en ek het geen menseverstand nie.

3. En ek het nie wysheid geleer, sodat ek kennis van die Heilige sou besit nie.

4. Wie het na die hemel opgeklim en neergedaal? Wie het die wind in sy vuiste versamel? Wie het die waters in ’n kleed saamgebind? Wie het al die eindes van die aarde vasgestel? Hoe is sy Naam? En hoe is die Naam van sy Seun — as jy dit weet?

5. Elke woord van God is gelouter; Hy is ’n skild vir die wat by Hom skuil.

Spreuke 30