Spreuke 30:1-3 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. DIE woorde van Agur, die seun van Jake; die Godspraak. Die man spreek: Ek het my moeg gemaak, o God, ek het my moeg gemaak, o God, en ek versmag.

2. Ja, ek is te dom om mens te kan wees, en ek het geen menseverstand nie.

3. En ek het nie wysheid geleer, sodat ek kennis van die Heilige sou besit nie.

Spreuke 30