Spreuke 3:25-35 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

25. Jy hoef nie bang te wees vir ’n skielike skrik of vir die ondergang van die goddelose as dit kom nie;

26. want die Here sal jou vertroue wees, en Hy sal jou voet bewaar vir die strik.

27. Hou ’n weldaad nie terug van hom aan wie dit toekom as dit in jou mag is om dit te doen nie.

28. Sê nie vir jou naaste nie: Gaan en kom terug, dan sal ek môre gee — terwyl jy dit het.

29. Bewerk geen onheil teen jou naaste terwyl hy vol vertroue by jou woon nie.

30. Twis nie sonder oorsaak met ’n mens as hy jou geen kwaad gedoen het nie.

31. Wees nie afgunstig op ’n man van geweld en verkies geeneen van sy weë nie.

32. Want die verkeerde is vir die Here ’n gruwel, maar sy verborgenheid is met die opregtes.

33. Die vloek van die Here is in die huis van die goddelose, maar Hy seën die woning van die regverdiges.

34. As dit spotters betref, spot Hy, maar aan die ootmoediges gee Hy genade.

35. Die wyse sal eer beërwe, maar die dwase behaal skande.

Spreuke 3