Spreuke 20:4-9 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

4. In die herfs ploeg die luiaard nie; en verlang hy iets in die oestyd, dan is daar niks nie.

5. Die raad in die hart van ’n man mag diep waters wees, ’n man van verstand sal dit tog uitskep.

6. Baie mense roem hulle eie welwillendheid, maar wie vind ’n betroubare man?

7. Wie in sy regskapenheid wandel as ’n regverdige — gelukkig is sy kinders ná hom.

8. ’n Koning wat op die regterstoel sit, wan met sy oë alles uit wat sleg is.

9. Wie kan sê: Ek het my hart suiwer gehou, ek is rein van my sonde?

Spreuke 20