Spreuke 20:17-20 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

17. Soet is vir ’n mens die brood van bedrog, maar daarna word sy mond vol gruisklippertjies.

18. Planne kom deur beraadslaging tot stand; voer dan oorlog met goeie oorleg.

19. Wie met kwaadsprekery omgaan, maak ’n geheim openbaar; laat jou dus nie in met een wat sy lippe laat oopstaan nie.

20. Wie sy vader of sy moeder vloek, sy lamp gaan in pikdonker dood.

Spreuke 20