1. EN die woord van die Here van die leërskare het gekom en gesê:
2. So spreek die Here van die leërskare: Ek ywer oor Sion met ’n groot ywer, ja, Ek ywer met groot grimmigheid daarvoor.
3. So sê die Here: Ek keer terug na Sion en sal midde-in Jerusalem woon; en Jerusalem sal genoem word: Die stad van trou, en die berg van die Here van die leërskare: Die heilige berg.
4. So sê die Here van die leërskare: Daar sal weer ou manne en ou vroue op die pleine van Jerusalem sit — elkeen met sy stok in sy hand vanweë die veelheid van hulle dae.
5. En die pleine van die stad sal vol wees van seuntjies en dogtertjies wat op die pleine daarvan speel.