10. Neem aan van die ballinge, uit die hand van Héldai, Tobía en Jedája — kom jy op dieselfde dag en gaan na die huis van Josía, die seun van Sefánja, waar hulle uit Babel aangekom het —
11. neem dan aan silwer en goud, en maak ’n kroon en sit dit op die hoof van Josua, die seun van Jósadak, die hoëpriester,
12. en sê vir hom dit: So spreek die Here van die leërskare: Kyk, daar kom ’n Man wie se Naam is Spruit, en Hy sal uit sy plek uitspruit, en Hy sal die tempel van die Here bou.
13. Ja, Hý sal die tempel van die Here bou, en Hý sal majesteit verkry en sit en heers op sy troon; ook sal Hy ’n priester wees op sy troon, en die raad van vrede sal tussen hulle twee bestaan.