Sagaría 10:5-9 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

5. En hulle sal wees soos helde wat in die oorlog die modder van die strate vertrap; en hulle sal veg, want die Here is met hulle; en die ruitery sal beskaamd uitkom.

6. En Ek sal die huis van Juda sterk maak en aan die huis van Josef hulp verleen en hulle ’n woonplek aanwys, want Ek ontferm My oor hulle; en hulle sal wees asof Ek hulle nie verwerp het nie, want Ek is die Here hulle God, en Ek sal hulle verhoor.

7. En Efraim sal wees soos ’n held, en hulle hart sal vrolik wees soos deur wyn, en hulle kinders sal dit sien en hulle verbly, hulle hart sal juig in die Here.

8. Ek wil vir hulle fluit en hulle vergader, want Ek het hulle losgekoop; en hulle sal net so talryk wees soos tevore.

9. En Ek sal hulle saai onder die volke, en in die verafgeleë streke sal hulle aan My dink; en hulle sal saam met hul kinders in die lewe bly en terugkom.

Sagaría 10