Sagaría 10:1-5 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. BID tot die Here om reën in die tyd van die laat reëns; die Here maak die weerligte, en Hy sal aan hulle ’n stortreën gee, plante op die veld aan iedereen.

2. Want die huisgode spreek bedrog, en die waarsêers sien leuens en verkondig nietige drome, hulle troos met wind. Daarom het hulle weggeswerwe soos ’n kudde; hulle verkeer in verdrukking, omdat daar geen herder is nie.

3. Teen die herders het my toorn ontvlam, en oor die voorbokke sal Ek besoeking bring; want die Here van die leërskare gee ag op sy kudde, op die huis van Juda, en maak hulle tot sy pragtige perd in die stryd.

4. Uit hom sal die hoeksteen, uit hom die muurpen, uit hom die strydboog, uit hom die heersers almal saam uitgaan.

5. En hulle sal wees soos helde wat in die oorlog die modder van die strate vertrap; en hulle sal veg, want die Here is met hulle; en die ruitery sal beskaamd uitkom.

Sagaría 10