1. BID tot die Here om reën in die tyd van die laat reëns; die Here maak die weerligte, en Hy sal aan hulle ’n stortreën gee, plante op die veld aan iedereen.
2. Want die huisgode spreek bedrog, en die waarsêers sien leuens en verkondig nietige drome, hulle troos met wind. Daarom het hulle weggeswerwe soos ’n kudde; hulle verkeer in verdrukking, omdat daar geen herder is nie.
3. Teen die herders het my toorn ontvlam, en oor die voorbokke sal Ek besoeking bring; want die Here van die leërskare gee ag op sy kudde, op die huis van Juda, en maak hulle tot sy pragtige perd in die stryd.