Rut 4:15-22 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

15. Hy sal vir jou een wees wat jou siel verkwik en jou grysheid versorg; want jou skoondogter wat jou liefhet, het hom gebaar, sy wat vir jou meer werd is as sewe seuns.

16. En Naómi het die kind geneem en op haar skoot gesit, en sy het sy pleegmoeder geword.

17. En die buurvroue het hom ’n naam gegee en gesê: Vir Naómi is ’n seun gebore! En hulle het hom genoem Obed; hy was die vader van Ísai, die vader van Dawid.

18. En dit is die stamboom van Peres: Peres was die vader van Hesron,

19. en Hesron die vader van Ram, en Ram van Ammínadab,

20. en Ammínadab van Nagson, en Nagson van Salma,

21. en Salmon van Boas, en Boas van Obed,

22. en Obed van Ísai, en Ísai van Dawid.

Rut 4