10. Toe val sy op haar aangesig en buig na die aarde toe en sê vir hom: Waarom het ek genade in u oë gevind, dat u in my belang stel alhoewel ek ’n vreemdeling is?
11. En Boas antwoord en sê vir haar: Aan my is alles omstandig vertel wat jy aan jou skoonmoeder gedoen het ná die dood van jou man, en dat jy jou vader en jou moeder en jou geboorteland verlaat het en na ’n volk getrek het wat jy gister en eergister nie geken het nie.
12. Mag die Here jou daad vergelde, en mag jou loon volkome wees van die Here, die God van Israel, onder wie se vleuels jy kom skuil het.
13. Toe sê sy: So vind ek dan genade in u oë, my heer! Want u het my getroos en na die hart van u dienares gespreek, alhoewel ek nie soos een van u dienaresse is nie.