Romeine 2:2-8 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

2. En ons weet dat die oordeel van God na waarheid is oor die wat sulke dinge doen.

3. En meen jy, o mens wat hulle oordeel wat sulke dinge doen, en dit self doen, dat jy die oordeel van God sal ontvlug?

4. Of verag jy die rykdom van sy goedertierenheid en verdraagsaamheid en lankmoedigheid, omdat jy nie besef dat die goedertierenheid van God jou tot bekering wil lei nie?

5. Maar ooreenkomstig jou verhardheid en onbekeerlike hart vergader jy vir jou toorn as ’n skat in die dag van die toorn en die openbaring van die regverdige oordeel van God

6. wat elkeen sal vergeld na sy werke:

7. aan die wat deur volharding in goeie werke heerlikheid, eer en onverganklikheid soek — die ewige lewe;

8. maar aan die wat eiesinnig en aan die waarheid ongehoorsaam, maar aan die ongeregtigheid gehoorsaam is — grimmigheid en toorn;

Romeine 2