Romeine 2:19-21 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

19. en jy is oortuig dat jy ’n leidsman is van blindes, ’n lig vir die wat in duisternis is,

20. ’n opvoeder van onverstandiges, ’n leermeester van onervarenes, omdat jy die beliggaming van die kennis en die waarheid in die wet het —

21. jy dan, wat ’n ander leer, leer jy jouself nie? Jy wat preek dat ’n mens nie mag steel nie, steel jy?

Romeine 2