Romeine 16:3-9 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

3. Groet Priscílla en Áquila, my medewerkers in Christus Jesus,

4. wat vir my hulle lewe gewaag het; nie ek alleen dank hulle nie, maar ook al die gemeentes van die heidene.

5. Groet ook die gemeente by hulle aan huis. Groet Epénetus, my geliefde, wat die eersteling van Acháje is vir Christus.

6. Groet Maria wat baie vir ons gearbei het.

7. Groet Andronícus en Júnias, my stamgenote en my medegevangenes, wat in aansien is onder die apostels en reeds voor my in Christus gewees het.

8. Groet Ámplias, my geliefde in die Here.

9. Groet Urbánus, ons medewerker in Christus, en Stáchis, my geliefde.

Romeine 16