13. Maak voorsiening in die behoeftes van die heiliges; streef na gasvryheid;
14. seën die wat julle vervolg, seën en moenie vervloek nie;
15. wees bly met die wat bly is, en ween met die wat ween;
16. wees eensgesind onder mekaar; moenie na hoë dinge streef nie, maar voeg julle by die nederige; moenie eiewys wees nie;
17. vergeld niemand kwaad vir kwaad nie; bedink wat goed is voor alle mense;
18. as dit moontlik is, sover as dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense.
19. Moenie julle wreek nie, geliefdes, maar gee plek vir die toorn; want daar is geskrywe: Aan My kom die wraak toe, Ek sal vergeld, spreek die Here.