1. BROEDERS, die verlange van my hart en die gebed wat ek tot God vir Israel doen, is tot hulle redding.
2. Want ek getuig van hulle dat hulle ’n ywer vir God het, maar sonder kennis.
3. Want omdat hulle die geregtigheid van God nie ken nie en hulle eie geregtigheid probeer oprig, het hulle hul aan die geregtigheid van God nie onderwerp nie.
4. Want Christus is die einde van die wet tot geregtigheid vir elkeen wat glo.
5. Want Moses beskrywe die geregtigheid wat uit die wet is: Die mens wat hierdie dinge doen, sal daardeur lewe.
6. Maar die geregtigheid wat uit die geloof is, sê dit: Moenie in jou hart sê nie: Wie sal in die hemel opvaar, naamlik om Christus af te bring;
7. of: Wie sal in die afgrond neerdaal, naamlik om Christus uit die dode op te bring?