Romeine 1:2-9 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

2. wat Hy tevore beloof het deur sy profete in die heilige Skrifte,

3. aangaande sy Seun wat gebore is na die vlees uit die geslag van Dawid

4. en na die Gees van heiligheid met krag verklaar is as die Seun van God deur die opstanding uit die dode, Jesus Christus, onse Here,

5. deur wie ons genade en die apostelskap ontvang het om geloofsgehoorsaamheid te verkry onder al die heidene ter wille van sy Naam,

6. onder wie julle ook is, geroepenes van Jesus Christus —

7. aan al die geliefdes van God, geroepe heiliges wat in Rome is: Genade vir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus!

8. IN die eerste plek dank ek my God deur Jesus Christus oor julle almal dat julle geloof verkondig word in die hele wêreld.

9. Want God wat ek in my gees dien in die evangelie van sy Seun, is my getuie hoe ek onophoudelik aan julle dink

Romeine 1