27. Tussen haar voete sak hy inmekaar, val, lê daar! Tussen haar voete sak hy inmekaar, val; waar hy inmekaarsak, daar lê hy — morsdood.
28. Deur die venster kyk die moeder van Sísera uit, en sy roep deur die venstertralie: Waarom vertoef sy wa om te kom? Waarom versuim die passe van sy wa-span?
29. Die skranderste van haar vorstinne antwoord haar, ja, sy self antwoord op haar woorde:
30. Hulle het seker buit gevind en verdeel dit: een slavin, twee slavinne vir elke man; ’n buit van bont klere vir Sísera, ’n buit van bont klere, veelkleurige; ’n bont doek, twee veelkleuriges as buit vir my hals.
31. So moet al u vyande, Here, omkom! Maar die wat Hom liefhet, is soos die opgang van die son in sy krag. En die land het veertig jaar lank gerus.