16. Waarom het jy tussen die veekrale bly sit en luister na die fluitspel by die troppe vee? In die afdelings van Ruben was die voornemens van die hart groot.
17. Gílead het rustig oorkant die Jordaan gebly; en Dan, waarom vertoef hy by die skepe? Aser het bly sit aan die seekus en aan sy baaie rustig gebly.
18. Sébulon is ’n volk wat sy siel gering ag tot die dood toe; ook Náftali op die hoogvlaktes.
19. Konings het gekom, geveg; toe het die konings van Kanaän geveg by Táänag, by die waters van Megíddo — geen stuk silwer het hulle geneem nie.
20. Uit die hemel het die sterre geveg, uit hulle bane het hulle teen Sísera geveg;
21. die spruit Kison het hulle afgedrywe, die spruit van ontmoeting, die spruit Kison! Tree op, my siel, met mag!
22. Toe het die perdepote geklap van die gejaag, die gejaag van hulle geweldiges.
23. Vloek Meros, sê die Engel van die Here; ja, vervloek sy inwoners, omdat hulle die Here nie tot hulp gekom het nie, die Here tot hulp onder die helde.
24. Mag bo die vroue geseënd wees Jael, die vrou van Heber, die Keniet; geseënd wees bo die vroue in die tent!
25. Water het hy gevra, melk het sy gegee, in ’n sierlike skottel het sy dikmelk gebring.
26. Haar hand steek sy uit na die tentpen en haar regterhand na die werksman se hamer; en sy hamer Sísera, verpletter sy kop en verbrysel en deurboor die slaap van sy hoof.
27. Tussen haar voete sak hy inmekaar, val, lê daar! Tussen haar voete sak hy inmekaar, val; waar hy inmekaarsak, daar lê hy — morsdood.
28. Deur die venster kyk die moeder van Sísera uit, en sy roep deur die venstertralie: Waarom vertoef sy wa om te kom? Waarom versuim die passe van sy wa-span?
29. Die skranderste van haar vorstinne antwoord haar, ja, sy self antwoord op haar woorde: