Rigters 5:1-4 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. OP dié dag het Debóra en Barak, die seun van Abinóam, gesing en gesê:

2. Omdat aanvoerders aangevoer het in Israel, omdat die volk hom gewillig getoon het — prys die Here!

3. Hoor, o konings! Luister, o vorste! Ek, tot eer van die Here wil ek sing, tot eer van die Here, die God van Israel, wil ek psalmsing.

4. Here, toe U uitgetrek het uit Seïr, toe U voortgestap het uit die veld van Edom, het die aarde gebeef, ook het die hemel gedrup, ook het die wolke water gedrup.

Rigters 5