16. verwek die Here rigters wat hulle verlos uit die hand van hulle berowers.
17. Na hulle rigters het hulle egter ook nie geluister nie, maar agter ander gode aan gehoereer en hulle daarvoor neergebuig; gou het hulle afgewyk van die weg wat hulle vaders bewandel het in gehoorsaamheid aan die gebooie van die Here: so het hulle nie gedoen nie.
18. En wanneer die Here vir hulle rigters verwek, was die Here met die rigter om hulle te verlos uit die hand van hul vyande al die dae van die rigter, omdat die Here medelyde gehad het vanweë hulle gekerm oor hulle verdrukkers en hulle verdringers.