Rigters 18:28-31 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

28. En daar was geen redder nie, want dit was ver van Sidon af en hulle het met niemand gemeenskap gehad nie: dit het in die dal gelê wat by Bet-Rehob behoort. Hulle bou toe die stad weer op en woon daarin,

29. en noem die stad Dan, na die naam van hulle vader Dan wat vir Israel gebore is; maar tevore was die naam van die stad Lais.

30. En die kinders van Dan het vir hulle die gesnede beeld opgerig; en Jónatan, die seun van Gersom, die seun van Moses, hy en sy seuns was priesters vir die stam van die Daniete tot op die dag van die ontvolking van die land.

31. En hulle het vir hulle die gesnede beeld van Miga opgerig wat hy gemaak het, al die dae dat die huis van God in Silo was.

Rigters 18