1. DAAR was ’n man van die gebergte van Efraim met die naam van Miga.
2. Dié het aan sy moeder gesê: Die elfhonderd sikkels silwer wat van u geneem is en waaroor u ’n vloek uitgespreek het en dit ook voor my ore gesê het — hier is die geld by my, ék het dit geneem. Toe sê sy moeder: Mag jy geseënd wees deur die Here, my seun!
3. En hy het aan sy moeder die elfhonderd sikkels silwer teruggegee. Maar sy moeder het gesê: Ek heilig plegtig die geld aan die Here; uit my hand is dit vir my seun om ’n gesnede en ’n gegote beeld te maak; ek sal dit dan nou aan jou teruggee.