Rigters 13:21-24 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

21. En die Engel van die Here het verder nie meer aan Manóag en sy vrou verskyn nie. Daarop bemerk Manóag dat dit die Engel van die Here was.

22. En Manóag sê vir sy vrou: Ons sal sekerlik sterwe, omdat ons God gesien het.

23. Maar sy vrou sê vir hom: As die Here ons wou laat sterwe, sou Hy nie uit ons hand ’n brandoffer en ’n spysoffer aangeneem en ons al hierdie dinge laat sien en ons nou sulke dinge laat hoor het nie.

24. En die vrou het ’n seun gebaar en hom Simson genoem; en die kind het groot geword, en die Here het hom geseën.

Rigters 13