Rigters 12:7-15 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

7. En Jefta het Israel ses jaar lank gerig; en Jefta, die Gileadiet, het gesterwe en is begrawe in een van die stede van Gílead.

8. EN ná hom het Ebsan, uit Betlehem, Israel gerig.

9. En hy het dertig seuns gehad, en dertig dogters het hy uitgehuwelik en van buite af dertig dogters vir sy seuns ingebring; en hy het Israel sewe jaar lank gerig.

10. En Ebsan het gesterwe en is begrawe in Betlehem.

11. En ná hom het Elon, die Sebuloniet, Israel gerig; en hy het Israel tien jaar lank gerig.

12. En Elon, die Sebuloniet, het gesterwe en is begrawe in Ájalon, in die land Sébulon.

13. En ná hom het Abdon, die seun van Hillel, die Pireatoniet, Israel gerig.

14. En hy het veertig seuns en dertig kleinseuns gehad wat op sewentig jong esels gery het; en hy het Israel agt jaar lank gerig.

15. En Abdon, die seun van Hillel, die Pireatoniet, het gesterwe en is begrawe in Píreaton, in die land Efraim, op die gebergte van die Amalekiete.

Rigters 12