1. ’n PSALM. Sing tot eer van die Here ’n nuwe lied, want Hy het wonders gedoen; sy regterhand en sy heilige arm het Hom gehelp.
2. Die Here het sy heil bekend gemaak, sy geregtigheid voor die oë van die nasies geopenbaar.
3. Hy het gedink aan sy goedertierenheid en sy trou aan die huis van Israel; al die eindes van die aarde het die heil van onse God gesien.
4. Juig voor die Here, o ganse aarde, breek uit en psalmsing!
5. Psalmsing tot eer van die Here met die siter, met die siter en die stem van gesang,
6. met trompette en basuingeklank; juig voor die aangesig van die Koning, die Here!