1. DIE Here is Koning; laat die aarde juig; laat baie eilande bly wees!
2. Wolke en donkerheid is rondom Hom; geregtigheid en reg is die grondslag van sy troon.
3. ’n Vuur gaan voor sy aangesig uit en steek sy teëstanders rondom aan die brand.
4. Sy bliksems verlig die wêreld; die aarde sien dit en bewe.