Psalms 88:10-15 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

10. My oog vergaan van ellende. Here, ek roep U aan die hele dag deur, ek brei my hande na U uit.

11. Kan U aan die dooies ’n wonder doen? Of kan skimme opstaan, kan hulle U loof? Sela.

12. Kan u goedertierenheid vertel word in die graf, u trou in die plek van vertering?

13. Kan u wondermag in die duisternis bekend word en u geregtigheid in die land van vergetelheid?

14. Maar ék, Here, roep U aan om hulp, en in die môre kom my gebed U tegemoet.

15. Here, waarom verstoot U my siel, verberg U u aangesig vir my?

Psalms 88