Psalms 86:9-15 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

9. Al die nasies wat U gemaak het, sal kom en hulle voor u aangesig neerbuig, Here, en hulle sal u Naam eer;

10. want U is groot en doen wonders, U alleen is God.

11. Leer my, Here, u weg: ek sal in u waarheid wandel; verenig my hart tot die vrees van u Naam.

12. Here, my God, ek wil U loof met my hele hart en u Naam vir ewig eer;

13. want u goedertierenheid is groot oor my, en U het my siel uit die doderyk diep daaronder gered.

14. o God, vermeteles het teen my opgestaan, en ’n bende tiranne soek my lewe; en hulle stel U nie voor hul oë nie.

15. Maar U, Here, is ’n barmhartige en genadige God, lankmoedig en groot van goedertierenheid en trou.

Psalms 86