Psalms 69:19-31 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

19. Kom nader na my siel, verlos dit; bevry my om my vyande ontwil.

20. Ú ken my smaad en my beskaming en my skande; al my teëstanders is voor U.

21. Die smaad breek my hart, en ek is verswak; ja, ek het gewag op medelyde, maar verniet; en op vertroosters, maar het hulle nie gevind nie.

22. En hulle het aan my gal gegee as my spys, en vir my dors het hulle my asyn laat drink.

23. Laat hul tafel voor hulle ’n vangnet wees en vir hulle wat sorgeloos is, ’n strik.

24. Laat hulle oë duister word, sodat hulle nie sien nie; en maak dat hulle heupe altyddeur wankel.

25. Stort oor hulle u grimmigheid uit, en laat u toorngloed hulle inhaal.

26. Laat hulle laer woes word, laat in hulle tente geen bewoner wees nie.

27. Want hulle vervolg hom wat deur U swaar getref is, en vertel van die smart van u gewondes.

28. Voeg skuld by hulle skuld, en laat hulle nie in u geregtigheid kom nie.

29. Laat hulle uitgedelg word uit die boek van die lewe en nie saam met die regverdiges opgeskrywe word nie.

30. Maar ek is ellendig en in pyn: laat u hulp, o God, my beskerm!

31. Ek wil die Naam van God prys met ’n lied en Hom groot maak met danksegging;

Psalms 69