Psalms 57:8-12 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

8. My hart is gerus, o God, my hart is gerus; ek wil sing en psalmsing.

9. Waak op, my eer! Waak op, harp en siter! Ek wil die dageraad wakker maak!

10. Ek wil U loof onder die volke, o Here, psalmsing tot u eer onder die nasies.

11. Want u goedertierenheid is groot tot by die hemele en u trou tot by die wolke.

12. Verhef U bo die hemele, o God, u heerlikheid bo die hele aarde!

Psalms 57