4. En Hy het ’n nuwe lied in my mond gegee, ’n lofsang tot eer van onse God. Baie sal dit sien en vrees en op die Here vertrou.
5. Welgeluksalig is die man wat sy vertroue in die Here stel en hom nie wend tot hoogmoediges en leuendienaars nie.
6. Groot dinge het U gedoen, Here my God — u wonders en gedagtes vir ons; niemand kan met U vergelyk word nie. Wil ek dit verkondig en uitspreek, dan is dit te veel om te vertel.
7. U het geen behae in slagoffer of spysoffer nie; ore het U vir my gegrawe; brandoffer en sondoffer het U nie geëis nie.
8. Toe het ek gesê: Kyk, ek kom; in die boekrol is dit my voorgeskrywe.