Psalms 39:8-14 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

8. En nou, wat verwag ek, o Here? My hoop is op U.

9. Red my van al my oortredinge; maak my nie ’n smaad van die dwaas nie.

10. Ek is stom, ek sal my mond nie oopmaak nie; want Ú het dit gedoen.

11. Neem u plaag van my weg; ek vergaan vanweë die bestryding van u hand.

12. Tugtig U die mens met strawwe oor die ongeregtigheid, dan laat U sy skoonheid vergaan soos deur ’n mot; ja, elke mens is ’n asemtog! Sela.

13. Hoor, Here, my gebed, en luister na my hulpgeroep; swyg nie by my trane nie; want ek is ’n vreemdeling by U, ’n bywoner soos al my vaders.

14. Wend u oog van my af, dat ek vrolik kan word voordat ek heengaan en daar nie meer is nie.

Psalms 39