7. U geregtigheid is soos die berge van God; u oordele is ’n groot watervloed. Here, U behou mense en diere!
8. Hoe kosbaar is u goedertierenheid, o God! Daarom skuil die mensekinders onder die skaduwee van u vleuels.
9. Hulle verkwik hul aan die vettigheid van u huis, en U laat hulle drink uit die stroom van u genietinge.
10. Want by U is die fontein van die lewe; in u lig sien ons die lig.
11. Laat u goedertierenheid voortduur vir die wat U ken, en u geregtigheid vir die opregtes van hart.
12. Laat die voet van die trotsaard nie oor my kom nie, en laat die hand van die goddelose mense my nie verdryf nie.