Psalms 36:3-8 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

3. Want dit vlei hom in sy oë in verband met die uitvind en haat van sy skuld.

4. Die woorde van sy mond is onreg en bedrog; hy laat ná om verstandig te wees, om goed te doen.

5. Hy bedink onreg op sy bed; hy gaan staan op ’n weg wat nie goed is nie; wat sleg is, verfoei hy nie.

6. o Here, u goedertierenheid is tot in die hemele, u trou tot in die wolke.

7. U geregtigheid is soos die berge van God; u oordele is ’n groot watervloed. Here, U behou mense en diere!

8. Hoe kosbaar is u goedertierenheid, o God! Daarom skuil die mensekinders onder die skaduwee van u vleuels.

Psalms 36