Psalms 36:1-7 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. VIR die musiekleier. ’n Psalm van Dawid, die kneg van die Here.

2. In die binneste van my hart sê die oortreding aangaande die goddelose: Daar is geen vrees van God voor sy oë nie.

3. Want dit vlei hom in sy oë in verband met die uitvind en haat van sy skuld.

4. Die woorde van sy mond is onreg en bedrog; hy laat ná om verstandig te wees, om goed te doen.

5. Hy bedink onreg op sy bed; hy gaan staan op ’n weg wat nie goed is nie; wat sleg is, verfoei hy nie.

6. o Here, u goedertierenheid is tot in die hemele, u trou tot in die wolke.

7. U geregtigheid is soos die berge van God; u oordele is ’n groot watervloed. Here, U behou mense en diere!

Psalms 36