Psalms 26:1-10 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. ’n PSALM van Dawid. Doen aan my reg, o Here, want ék wandel in my opregtheid en vertrou op die Here sonder om te wankel.

2. Toets my, Here, en beproef my, keur my niere en my hart;

3. want u goedertierenheid is voor my oë, en ek wandel in u waarheid.

4. Ek sit nie by valse mense nie, en met slinkse mense gaan ek nie om nie.

5. Ek haat die vergadering van kwaaddoeners, en by die goddelose sit ek nie.

6. Ek was my hande in onskuld en wil gaan rondom u altaar, o Here,

7. om die stem van lof te laat hoor en om al u wonders te vertel.

8. Here, ek het lief die woning van u huis en die woonplek van u heerlikheid.

9. Ruk my siel nie weg saam met die sondaars en my lewe saam met die manne van bloed nie,

10. in wie se hande skandelike dade is, en wie se regterhand vol is van omkopery.

Psalms 26