Psalms 25:19-22 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

19. Resj. Aanskou my vyande, want hulle is talryk, en hulle haat my met ’n gewelddadige haat.

20. Sjin. Bewaar my siel en red my; laat my nie beskaamd staan nie, want by U skuil ek.

21. Tau. Laat vroomheid en opregtheid my bewaar, want U verwag ek.

22. o God, verlos Israel uit al sy benoudhede!

Psalms 25