Psalms 18:40-44 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

40. En U het my met krag omgord vir die stryd; U het my teëstanders onder my laat buk.

41. En U het my vyande vir my laat vlug; en my haters, dié het ek vernietig.

42. Hulle het geroep om hulp, maar daar was geen verlosser nie — tot die Here, maar Hy het hulle nie geantwoord nie.

43. Toe het ek hulle vermaal soos stof voor die wind; ek het hulle uitgegooi soos modder van die strate.

44. U het my gered uit die getwis van die volk; U het my ’n hoof gemaak van nasies; ’n volk wat ek nie geken het nie, het my gedien.

Psalms 18