4. Loof Hom, hoogste hemele en waters wat bo die hemele is!
5. Laat hulle die Naam van die Here loof; want Hý het bevel gegee — en hulle is geskape.
6. En Hy het hulle in stand gehou vir altyd, vir ewig; Hy het ’n wet gegee wat geeneen oortree nie.
7. Loof die Here van die aarde af — groot seediere en alle dieptes!
8. Vuur en hael, sneeu en damp, stormwind wat sy woord volbring;
9. berge en alle heuwels, vrugtebome en alle sederbome,
10. wilde diere en alle vee, kruipende diere en gevleuelde voëls;
11. konings van die aarde en alle volke, vorste en alle regters van die aarde;
12. jongelinge en ook jongedogters, oues saam met die jonges —
13. laat hulle die Naam van die Here loof! Want sy Naam alleen is hoog; sy majesteit is oor aarde en hemel!
14. En Hy het ’n horing vir sy volk verhef: ’n roem vir al sy gunsgenote; vir die kinders van Israel, die volk wat naby Hom is. Halleluja!