Psalms 144:11-15 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

11. Ruk my uit en red my uit die hand van vreemdes, wie se mond leuens spreek en wie se regterhand ’n regterhand van bedrog is;

12. sodat ons seuns soos plante mag wees wat opgekweek is in hulle jeug, ons dogters soos hoekpilare wat uitgebeitel is na die boustyl van ’n paleis;

13. dat ons skure vol mag wees, wat allerhande soorte voorraad oplewer; ons kleinvee by duisende mag aanteel, by tienduisende vermeerder word op ons velde;

14. ons beeste gelaai mag wees; geen bres in ons mure en geen uittog daaruit, en geen geskreeu op ons pleine nie.

15. Welgeluksalig is die volk met wie dit so gaan; welgeluksalig is die volk wie se God die Here is!

Psalms 144