Psalms 143:5-12 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

5. Ek dink aan die dae uit die voortyd; ek peins oor al u dade; ek dink ná oor die werk van u hande.

6. Ek brei my hande tot U uit; my siel dors na U soos ’n uitgedorde land. Sela.

7. Verhoor my tog gou, Here: my gees beswyk! Verberg u aangesig nie vir my nie, sodat ek nie word soos hulle wat in die kuil neerdaal nie.

8. Laat my u goedertierenheid in die môre hoor, want op U vertrou ek; maak my bekend die pad wat ek moet gaan, want ek hef my siel op tot U.

9. Red my van my vyande, Here! By U skuil ek.

10. Leer my om u welbehae te doen, want U is my God. Laat u goeie Gees my lei in ’n gelyk land.

11. o Here, maak my lewend om u Naam ontwil; lei my siel uit die benoudheid, in u geregtigheid.

12. En vernietig my vyande in u goedertierenheid, en bring hulle almal om wat my as vyand behandel; want ek is u kneg.

Psalms 143