Psalms 141:1-6 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. ’n PSALM van Dawid. Here, ek roep U aan; kom tog gou na my toe; luister na my stem as ek U aanroep.

2. Laat my gebed soos reukwerk voor u aangesig staan, die opheffing van my hande soos die aandoffer.

3. Here, stel ’n wag voor my mond, bewaar die deur van my lippe.

4. Neig my hart nie tot iets wat sleg is, om in goddeloosheid dinge te doen saam met manne wat ongeregtigheid werk nie; en laat my van hulle lekkernye nie eet nie.

5. Laat die regverdige my met liefde slaan en my tugtig — hoofsalf sal my hoof nie weier nie; want nog is my gebed teen hulle booshede.

6. As hulle regters aan die kant van die rots afgegooi word, dan sal hulle hoor dat my woorde lieflik is.

Psalms 141