1. ’n BEDEVAARTSLIED.Toe die Here die lot van Sion verander het, was ons soos die wat droom.
2. Toe is ons mond gevul met gelag en ons tong met gejubel; toe het hulle onder die heidene gesê: Die Here het groot dinge aan hierdie mense gedoen.
3. Die Here het groot dinge aan ons gedoen: ons was bly!
4. o Here, verander ons lot soos waterstrome in die Suidland.
5. Die wat met trane saai, sal met gejubel maai.