Psalms 125:1-3 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. ’n BEDEVAARTSLIED.Die wat op die Here vertrou, is soos die berg Sion wat nie wankel nie, maar bly tot in ewigheid.

2. Rondom Jerusalem is berge; so is die Here rondom sy volk van nou af tot in ewigheid.

3. Want die septer van goddeloosheid sal nie rus op die erfdeel van die regverdiges nie, sodat die regverdiges hulle hande nie sal uitsteek na onreg nie.

Psalms 125