Psalms 12:5-9 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

5. hulle wat sê: Met ons tong is ons sterk; ons lippe is met ons! Wie is heer oor ons?

6. Oor die verdrukking van die ellendiges, oor die gesug van die behoeftiges sal Ek nou opstaan, sê die Here; Ek sal hom in veiligheid stel wat daarna smag.

7. Die woorde van die Here is rein woorde, silwer wat gelouter is in ’n smeltkroes in die aarde, gesuiwer sewe maal.

8. U, o Here, sal hulle bewaar; U sal ons bewaar van hierdie geslag vir ewig.

9. Die goddelose draf rond as laagheid die oorhand kry by die mensekinders.

Psalms 12