1. VIR die musiekleier; met basstem. ’n Psalm van Dawid.
2. Red, o Here, want daar is geen vrome meer nie; want die getroues het verdwyn onder die mensekinders.
3. Hulle praat leuens, die een met die ander; met vleiende lippe spreek hulle dubbelhartig.
4. Mag die Here al die vleiende lippe uitroei, die tong wat grootpraat,
5. hulle wat sê: Met ons tong is ons sterk; ons lippe is met ons! Wie is heer oor ons?
6. Oor die verdrukking van die ellendiges, oor die gesug van die behoeftiges sal Ek nou opstaan, sê die Here; Ek sal hom in veiligheid stel wat daarna smag.